Tuis
Nuus
>>> PVB Kaart
Instruksies
Aflaai
Parke & Reservate
Soek op Webwerf
Weervoorspelling
Kontak ons

 

SA POI aanbevole skakels 

www.SABirding.co.za

www.SANParks.org

www.kznwildlife.com

www.pilanesberg-game-reserve.co.za

www.capenature.org.za

www.wildcard.co.za

www.nylsvley.co.za

www.rondevlei.co.za

www.theholidayclub.co.za

maps.google.co.za

mail.google.com

www.weg.co.za

www.wegry.co.za

www.news24.com

www.kalahari.net

www.makro.co.za

 

 

Jy is hier : > SA POI > Help my in Afrikaans


SA POI: Suid-Afrikaanse GPS Plek-van-Belang lÍers

Waarheen kan jou GPS jou neem? ô

Die doel van hierdie afdeling is om te verduidelik hoe om jou GPS vir Afrikaans op te stel asook om jou genoeg vertroue te gee om die res van die webwerf aan te durf. Die doel is nie om alles op die webwerf na Afrikaans te vertaal nie.

Wat is die doel van hierdie webwerf?

Om goeie Suid Afrikaanse Plek-van-Belang (PVB) elektroniese lÍers vir motornavigasiestelsels te verskaf, wat direk vanaf die internet afgelaai kan word. Ons verskaf doelgemaakte PVB's met bekende simbole en aantreklike natuur-waarskuwingsklanke vir gebruik op 'n GPS in jou motorvoertuig. Ons verskaf doelgemaakte PVB's vir SA nasionale parke, wildreservate, natuurreservate en nog 'n paar ander toepassings vir reisigers en toeriste. Doelgemaakte PVB's het diť voordeel dat hulle beter vertoon op jou GPS as die ingeboude PVB's omdat hulle kleurvol is en omdat jy onnodige PVB's kan afskakel om die kaart minder besig te maak. 'n Verdere voordeel is dat jy gepaste waarskuwingsklanke kry wat jou vakansiegees aanwakker. Die PVB's is beskikbaar by die Aflaai afdeling.

As ons praat van 'n motornavigasie-GPS, is dit 'n bepaalde soort wat jy van krag voorsien vanaf jou sigaretaansteker en wat op jou voorruit vassuig met 'n suigvoet. Die mark vir motornavigasie-GPS stelsels is aan die toeneem en dit gaan 'n algemener item word as die kleiner, draagbare GPS stelsels van die laaste dekade. Die huidige motornavigasie-GPS stelsels is beslis nie meer gemik op daardie viertrek-toere na die Richtersveld of Koakoland nie. Mammie kan met hierdie soort GPS vir Boetie by sy maatjie gaan aflaai by sy straatadres, en Pappie kan hom later daar gaan haal.

Die hele toerisme- en markaanslag gaan verander om ʼn kliŽnt by jou Plek-van-Belang of besigheid te kry. Daar is baie voordele wanneer toeganklike PVBs van webwerwe soos hierdie afgelaai kan word en die gebruiker nie die GPS-punte self een-vir-een met die hand in die GPS hoef in te voer nie.

Kies jou taal

Een van die aantreklike kenmerke van motornavigasie-GPS stelsels is hulle vermoŽ om jou in jou eie taal te bedien. Dit behels dat die gebruikersintervlak se keuselys sowel as die gesproke instruksies in jou eie taal kan wees. Beide TomTom en Garmin voorsien hierdie funksie. 'n Fransman kan dus sy GPS in Frans op Suid-Afrikaanse bodem gebruik.

Hier volg instruksies om jou TomTom vir Afrikaans op te stel.

Stap 1: Kies (tik daarop) Change preferences

 

Stap 2: Gaan regs tot by Preferences 4 of 6 en kies Change language.

 

Stap 3: Gaan op tot by Afrikaans en kies dit. Kies JA op die volgende skerm.

 

Stap 4: Kies 'n Afrikaanse stem en kies Kies op die volgende skerm. Jou TomTom is nou reg met sy gebruikersintervlak en met sy stemaanwysings alles in Afrikaans. As jy PVB's in nasionale parke wil gebruik, moet jy ook die deel wat gaan oor "No voice" in die TomTom instruksies lees. Nou moet jy net jou GPS gebruik en aan die Afrikaanse terme gewoond raak.

 

Afrikaanse terme

Die term GPS verwys na 'n Globale Posisioneringstelsel (satelliet navigasiestelsel).

Die term Point of interest (POI) verwys na ʼn Plek-van-Belang (PVB). 'n Plek-van-Belang is die GPS koordinate van 'n besienswaardigheid, bv. 'n voŽlskuiling se ligging en 'n kort naam of 'n kort beskrywing. In die meervoud word verwys na Plekke-van-Belang as PVB's (Points of interest as POIs). Die term Point of interest word in Wikipedia gelys en die term word meer gebruik as Places of interest.

Die term waypoint verwys na 'n punt langs die pad van 'n roete. Roetepunte langs die pad word gebruik om te verseker dat jou verlangde roete tussen die begin- en eindpunt gevolg word.

'n Waarskuwingsklank is die geluid wat die GPS terugspeel wanneer jy naby die Plek-van-Belang kom. Jy kan jou oog op die pad hou (of wild en voŽls soek) en deur die klank in kennis gestel word van die nabyheid van 'n besienswaardigheid. Die speel van 'n waarskuwingsklank word onafhanklik van die vertoon van die PVB grafiese simbool (icon) opgestel.

Die onderstaande lys verduidelik die betekenis van die grafiese simbole vir nasionale en ander parke en verskaf voorbeelde van moontlike waarskuwingsklanke.

 

 Toegangshek  
 VoŽlskuiling of diereskuiling
 Water (dam of suipplek)
 Uitklim-uitkykpunt
 Piekniekplek  
 Karavaan (of tent) kampeerplek  
 Hoofkamp
 Klein (of privaat) kamp  
 Geskiedkundige plek  
 VoŽlkykplek (spesiale vermelding)

 [ Terug ]

[ Bo ]